Hierdie kriteria word gereeld opgedateer deur die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NIOS). Verwys na die saakdefinisie vir persoon wat ondersoek word (PUI). Jy sal slegs getoets word as jy aan die PUI-kriteria voldoen, wat simptome van ‘n respiratoriese siekte insluit met onlangse of skielike aanvang.

Daar is verskillende redes waarom ons nie aanbeveel dat ‘n persoon sonder simptome getoets word nie, selfs al is jy ‘n noue kontak van ‘n bevestigde COVID-19-saak, of het onlangs na ‘n land gereis waar COVID-19 in die gemeenskap in omloop was:

  1. ‘n Negatiewe toetsuitslag vir iemand sonder simptome beteken nie dat jy nie COVID-19 het nie. Jy kan nog in die vroeë stadium van COVID-19 wees en later simptome ontwikkel. Daarom kan jy ‘n vals-negatiewe resultaat kry terwyl jy nie simptome het nie.
  2. Al was jou laboratoriumtoetsuitslag negatief, sal jy nogsteeds 14 dae in kwarantyn tuis moet bly as jy na ‘n streek met hoë transmissie gereis het, of in noue kontak met ‘n bevestigde COVID-19 geval was. Raadpleeg die riglyne oor wat om te doen as ek ‘n noue kontak persoon is van ‘n bevestigde geval en gevra word om in kwarantyn tuis te bly
  3. As jy negatief toets en dit verkeerdelik interpreteer om te beteken dat jy nie besmet was nie, kan jy terugkeer na jou gewone aktiwiteite en die virus versprei terwyl jy nog ‘n vroeë infeksie gehad het.
  4. Daar is wêreldwyd ‘n tekort aan laboratoriumtoetse, en ons moet ons waardevolle laboratoriumtoetshulpbronne behou vir diegene wat siek is, en vir groepe mense waar hierdie toetsresultate kan gebruik word om die gesondheid van die publiek te bevorder.
Die presiese toetsproses kan in verskillende provinsies en tussen die openbare en private sektor verskil. Jy moet eers jou gesondheidsorgverskaffer kontak. Dit kan jou huisdokter of plaaslike kliniek / hospitaal wees. Indien moontlik, moet jy jou gesondheidsorgverskaffer skakel en uitvind wat die presiese proses is wat jy moet volg om getoets te word. As jy nie jou gesondheidsorgverskaffer kan kontak nie, kan jy jou naaste toetslaboratorium skakel vir inligting. As jy internet toegang het, kan jy spesifieke inligting op die laboratorium se webwerf soek. As jy nie noodhulp benodig nie, moet jy nie die noodeenheid in die hospitaal besoek om getoets te word nie. Sommige hospitale of algemene praktisyne kan jou na ‘n toetsfasiliteit buite die terrein verwys. Die NGLS en sommige private laboratoriums bied toetsing aan by mobiele fasiliteite. Jy moet betaal vir toetse wat by privaat laboratoriums gedoen word.
Die monster wat gereeld geneem word is ‘n depper wat deur jou neus versamel word. As jy ‘n nat hoes het, kan jy gevra word om ‘n sputummonster in ‘n bakkie te produseer om te toets. Hierdie monster sal na ‘n patologielaboratorium gestuur word. Die laboratorium toets jou monster vir genetiese materiaal van die nuwe koronavirus. Die virus is benoem SARS-CoV-2. Die toets sal as positief of negatief aangemeld word. As jou toets as positief beskou word, beteken dit dat genetiese materiaal van die koronavirus (SARS-CoV-2) in jou monster gevind is, en jy het die koronavirussiekte. Raadpleeg die riglyne oor wat om te doen as ek positief toets vir die koronavirussiekte en gevra word om tuis te isoleer As jou toets negatief is, kan COVID-19 om verskeie redes nie noodwendig uitgesluit word nie. Jy moet dus jou periode van tuis-kwarantyn voltooi, aangesien jy moontlik aan die infeksie blootgestel is, en jy moet slegs ‘n herhalingstoets doen indien dit deur jou gesondheidsorgverskaffer aanbeveel word.
Die omkeertyd vir die toets van monsters wissel van laboratorium tot laboratorium. Gewoonlik kan jy verwag om dit binne enkele dae te ontvang.
Jou toetsuitslae word aan jou gesondheidsorgverskaffer gestuur. As jy aangedui het om die toetsuitslae direk te ontvang, kan die toetsuitslag nou jou gestuur word.
Terwyl jy op jou uitslae wag, word jy aangeraai om tuis te self-kwarentein. Raadpleeg die riglyne oor wat om te doen as ek ‘n noue kontak persoon is van ‘n bevestigde geval en gevra word om in kwarantyn tuis te bly.
logo

Quick Online Consultancy Only on Few Minutes

Contact Us